Warm asemwasem

Gerhard Mynhardt

trompetbloemen rank
’n honger koei stap nader
vreet die kleure op

wandel deur die grys
die mis kom lê op die strand
en klam my gesig

mistige weiveld
koeikoppe naby mekaar
warm asemwasem

wind wys my jou lyf
onsigbaar buig jy bome
waai my strooihoed weg

blaarsilhoeëtte
val so saggies uit die boom
skadu op die gras

takkie hou die blaar
tussen sy voorvingers vas
vir herfs om te pluk

 

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *