Maria Steyn (ms, Suid-Afrika)
Norman Darlington (nd, Ierland)
Moira Richards (moi, South Africa)
korter dae –
die bakker se binneplaas
wemel van mossies ms
so vervrissend
’n nuwe koelte in die lug nd
los my uit!
in bloedrooi lipstiffie
op haar tiener se deur moi
een ry voetspore
teen laaggety ms
hierdie bitter see
het al my sandkastele
weggespoel nd
bio-brandstof suig ons kos
na julle motors in die Noorde moi
blouwildebeeste
rusteloos
in winter maanlig ms
Die Slapende Skone
begin ’n bietjie af ruik nd
sy feministiese
dekonstruksie
van haar poësie moi
dit alles, so onbenullig
wanneer die lente kom! nd
’n piekniekmandjie
omring deur velde
namaqua-daisies ms
elke ster die kans
vir ’n droom om waar te word moi